Listening to- Necromantix...once again
Ek kan myself nou regtig nie in Engels express nie- ek is way te dronk daarvoor! So "here's to" my eerste afrikaanse blog- wat niemand gaan verstaan nie (maar dis ook okay).
Hierdie afgelope naweek was- helemal insane. Was dronk op papsak van vrydag middag af tot nou toe met my papsak-buddy Monique en haar pelle. Ek het gefilosofiseer oor die ability van mans as dit kom by sexual pleasure en of hulle weet wanneer om te stop; ek het helemal te veel gebraai en wors geeet en ek het geleer hoe dit voel om intiem te word op heavy metal musiek 5uur die oggend. Volgens my was dit 'n heel voldoende naweek.Toe ek weer sien toe sit ek 1uur vanmiddag in Pretoria se Botaniese tuine en kyk randomly na bome.
Ek het uiteindelik die stap gevat wat ek die meeste gevrees het- die een waar ek oor Riaan kom. En ek voel heel trots op myself. Dit was lekker ook.. maar ek glo nie ek gaan nou in details gaan nie- eks nie nugter nie... of dalk is ek net nie dronk genoeg nie??
Ek het ook die naweek geleer dat vriendskap baie belangriker as enige ou is en dat ek dalk in die verlede vriendskap vir granted gevat het.. ek voel my uitkyk op die lewe het heel volledig verander in die afgelope 3weke van single wees! En ek hou daarvan...
Maar nou ja- eks honger en moer moeg. Ek het absoluut fokkol geslaap die naweek en ek dink dis tyd om bietjie te gaan vermiste slaappatrone herstel nou.